CAFE LATE
Trekklavier solo
Leon Albert het in 2015 ‘n album gemaak met die trekklavier as solo-instrument. Dit bevat ‘n verskeidenheid werke van klassiek, jazz, Franse musette, tango, volksmusiek en eie komposisies.
GOUE EEUE
Toonsettings van Uys Krige se gedigte.
Leon Albert het in 2010 ‘n album voltooi met toonsettings van Uys Krige se gedigte, genaamd GOUE EEUE.
Dit het saamgeval met die 100-jarige herdenking van Uys Krige se geboorte in 1910.
Die aankondiging van die CD is op 26 Februarie 2010 gemaak by die Woordfees in Stellenbosch tydens die gedenkgeleentheid: Uys Krige in Ons Binnekring.
Goue Eeue is verwerk in ‘n musiekteater produksie met Leon op stem, klavier, trekklavier en kitaar en is by verskeie teaters en funksies opgevoer, waaronder:
- Aan de Braak Teater
- Dorpstraat Restaurant Teater
- Pierneef Teater
- 2011 Woordfees ens.