
Sibanye is ‘n Suid-Afrikaanse wêreldmusiek groep van Kaapstad wat musiek maak deur ‘n samesmelting van Afropop, folk en township jazz.
Sibanye beteken “Saam Soos Een” in Xhosa en is ook die naam van ‘n lied van versoening, gekomponeer deur stigterlid Leon Albert Oosthuizen en Tando Takane, wat gelei het tot die onstaan van die wêreldmusiekgroep in die Moederstad. Die lede van die groep is afkomstig van die Stadskom en omliggende townships Nyanga, Gugulethu, Ou Kruispad, Eersterivier en Khayelitsha.
Die musiek van Sibanye vier die gees van ‘n reënboognasie deur sy eg-Suid-Afrikaanse styl met lirieke in al elf amptelike tale van Suid-Afrika. Met lewendige optredes inkorporeer hul ook ikoniese, geliefde liedjies uit Suid-Afrikaanse bodem.
Wat ons doen:
- Die Sibanye orkes tree lewendig op by feeste, funksies en geleenthede.
- Sibanye maak eg, ikoniese Suid-Afrikaanse musiek.
- Die musiek van Sibanye is vir ieder en elk.
Die musiekgroep het al by verskeie publieke verhoë en feeste opgetree, onder andere die V&A Waterfront Amfiteater op Nuwejaarsdag, KKNK in Oudtshoorn, Gariepfees in Kimberley, SU Woordfees in Stellenbosch en Olyffees in Prins Albert.
Die orkes word voorgegaan deur Leon Albert Oosthuizen (trekklavier & stem) en Ntuthu Nyiki (perkussie & stem).