2010

2012

2014

In 2014 het Leon die hoogste akkordeon kwalifikasie verwerf aan die Trinity College London: Gevorderde Sertifikaat met Onderskeiding. Hiermee vestig Leon hom as een van ‘n uitgelese groepie konsert akkordeonsoliste in Suid-Afrika.
2015

Sibanye het hul 2de album bekendgestel: “Sesifikile Ons Is Hier” met ikoniese Suid-Afrikaanse liedere en komposisies van Leon. Sedertdien het hy verskeie musiekproduksies saam met Sibanye op die planke gebring met optredes by kunstefeeste, gemeenskapsale, teaters en radio-uitsendings, soos Sibanye (2015), Mzansi-Skouspel (2016), Kaapse Klanke (2016), Saam soos Een (2017), Die Kaap is weer Frans (2018) en Alla wêreld ( 2019).
2017

Hy het by die Keltiese musiekgroep Christine & The Kilts aangesluit en Skotse en Ierse musiekproduksies by feeste en teaters in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng opgevoer.
In dieselfde jaar stig hy ook die Cape Town Scottish Dance Band wat ceilidh en tradisionele Skotse dansmusiek verskaf by troues en Skotse dansklubs.
2018

Hy woon ook die 2018 Summer School van die Royal Scottish Country Dancing Society (RSCDS) by in St. Andrews, Skotland.
Tydens die oorsese besoek in 2018 woon hy ook die Dutch Jazz Accordion Summer Course by in ArtEZ, Arnhem, Nederland.
Hy sluit aan by die Argentyse tango musiekgroep, Porteños en so is teateropvoerings soos Take Two and Tango en Buenos Afrika gebore.
2019

Tydens ‘n besoek aan Castelfidardo, Italië in September 2019, neem hy deel aan die PIF akkordeon fees en ontvang ‘n Spesiale Internasionale Trekklavier toekenning.
Leon het ‘n gereelde gesig geword as trekklaviersolis by troues, partytjies en funksies.
2022

As trekklavierspeler het Leon gedurende die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi in Katar 2022 by stadions en Corniche-toeristegebiede verskyn as deel van die Kulturele Aktiveringsprogram van die Hoogste Komitee vir Aflewering en Nalatenskap.
As musiekdirekteur het hy ook saam met mede-liriekskrywer Shafi Mandottil (Indië), musiekvervaardiger Harold Schenk (Suid-Afrika) en die Qatar Youth Choir, onderskryf deur die Qatar Music Academy, saamgewerk in die produksie van ‘n verwelkomingsliedjie “It’s a beautiful game”.